Kandelaar Pukke- 1st Jaars kamp 2012-Leiers

Middag alle kampleiers! Hoop jul hou ongelooflik lekker vakansie! Die reelings vir volgende jaar: Ons kry mekaar 18:00 die 7de Januarie 2012 by Frans se huis vir 'n lekker braai. Almal moet hul eie vleisie en drinkgoedjies bring. Die braai is vir al die leiers, komiteelede, die band en die 10 selleierleiers. Herinner asb dus weer jul komitees hiervan! Tweedens kry ons almal mekaar die oggend van die 8ste Januarie 2012 half 10 vir 10uur agter die kerkkantoor in die parkeerarea. Asb almal moet 10:00 reeds daar wees! Dan sorteer ons die vervoerreelings uit en laat waai!!! smile emoticon Onthou asseblief om te bid vir die kamp. Vir al die reelings, die eerstejaars, maar ook vir jouself dat die Here jou gereed sal maak om net 'n instrument in Sy hande te wees en als tot Sy eer te doen. Dankie vir julle elkeen! Jul is amazing!
Donnovan&Ronette