Bedrieg dames en mans uit geld / Scamming ladies and guys out of money

LEES ASB VOOR U AANSLUIT!
Chris F Smith Twee het die groep tot stand gebring nadat van sy FB vriende en vriendinne hom
ingelig hoe is hulle deur mans/vroue bedrieg is uit geld deur ander mense op FB.

Dit is onder andere Nigeriers en Ghanese wat hul voordoen as wit mans/vroue om te scam. Daar is natuurlik ook Suid Afrikaanse mans wat gierig is, wat trou beloftes aan eensame dames maak, net om hulle uit hulle geld te bedrieg.

Plaas inligting wat jy het op groep wall asb. Ons stel net belang in die waarheid geen slegmakery sonder rede nie Voor julle enige geld aan enige iemand betaal, doen eers navraag en kry bevestiging of die persoon 'n scammer is, al dan nie.

Maak seker dat voor jy 'n vriendskap versoek op FB aanvaar dat die profiel meer as 'n jaar in werking is, voordat jy met die persoon begin gesels.

Die reëls van die groep:

1. Nuwe lede moet Chris F Smith Twee as vriend op FB aanvaar. Nuwe lede het 14 dae om dit te doen en indien nie nagekom nie, sal hulle verwyder word van die groep. Dis vir sekuriteitsredes.

2. Die groep is daar om te help om scammers te indentifiseer en ook om hulle te rapporteer in die groep om verdere scamming te probeer voorkom.

3. Ons respekteer mekaar en mekaar se sienswyses en opinies. Indien nie, sal so 'n lid verwyder word van die groep.

4. Inligting verskaf oor scammers aan die groep mag ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE AAN DIE SCAMMER GEKOMMUNIKEER WORD NIE.

5. Lede van die groep sal verstaan dat die persoon in die foto's deur die scammer gebruik, ook 'n slagoffer is, en dus nie onsmaaklike aanmerkings oor die persoon se voorkoms maak nie.

6. Indien lede bevestiging ontvang dat 'n FB profiel wel die van 'n scammer is, sal hy/sy onmiddellik die scammer van hul vriendelys verwyder om te voorkom dat ander onskuldige vriende blootgestel word aan die scammer en moontlike scams. Indien 'n lid nie die scammer verwyder nie en voortgaan met kontak, sal die lid verwyder word van die groep.

7. Enige lid van die groep wat een of meer van die admins block op FB sal summier van die groep verwyder word.

8. Ons beperk ons kommentaar tot opbouende kritiek en geen aanvalle teen mede lede van die groep sal geduld word nie.