Leer die Woord: Vanuit die oorspronklike Teks

Die Bybel (Pentateug) is in die ou Paleo Hebreeuse teks geskryf. Later het die Hebreers die Bybel in Aramees en gedeeltelik Hebreeus geskryf. Ons gaan probeer om - so ver moontlik - die oorspronklike teks op te soek, en 'n indiepe studie te maak vanuit die oorspronklike tekste. Ek vra elkeen op die groep om ons hiermee te help sodat ons 'n beter kennis kan optel oor wat oorspronklik gesê is. Ons het mense met kennis van die oorspronklike taal om ons van raad te voorsien, so voel vry om vrae te vra as julle onseker is.

SHALOM