Boerekos met 'n Twist

Link na Blog:
http://boerekostwist.blogspot.com/

Link na Klasse:
http://boerekostwist.blogspot.co.za/search/label/Klasse

Link na epos inskrywings:
http://boerekostwist.blogspot.co.za/2015/10/hoe-om-te-registreer-vir-epos-vanaf.html

Hallo ek is Annelien Pienaar!

Ek is 'n entrepreuneur in die Voedsel bedryf en is al vir meer as 20 jaar besig met navorsing en opleiding van studente vir die kos bedryf. Ek is 'n gekwalifiseerde Voedsel Tegnoloog en Dosent. Tans het ek my eie Kook skooltjie waar ek mense in 'n verskeidenheid velde oplei. My passie is Sourdough brood en Kaasmaak. Ek woon in Skeerpoort net wes van die Hartbeespoort dam saam met my Filistyne, diere, pekan boord en Magaliesberg.

Wat kan jy van die blad verwag? Ek plaas net resepte wat ek persoonlik getoets het op die blad. Ek het 'n blog waarvandaan ek al die resepte na die FB groep post. Ek het 'n resep met 'n les konsep wat ek in elke post sit. Ek verwelkom almal se spog met die resepte wat getoets is deur hulle. Jy kan ook inteken om eposse vir die resepte te ontvang vanaf die blog. Alle nuwe resepte wat gepost word sal dan in jou epos inbox land. Ek het dit ook opgestel dat dit printer vriendelik stoor. Sien asb bostaande links om jou vinniger op die blog te kan help. Ek plaas bestanddele wat toeganklik is, niks vreemd en ook geen oorsese resepte nie.

Stuur ook jou resep om 'n ere plekkie op die blog te kry. Ek vra dat alle bronne vermeld moet word. Geen advertensies. As jy nie iets wil borg wat voedsel verwant is om 'n artikel wat deur myself geskryf word te plaas....as advertensie...kan ek jou nie help.

Alles wat ek doen is uit passie, nie vir eie gewin. Die blad is neutraal en aanvaar geen rasistiese opmerkings, eksplisiete seks inhoud, vloek of Godlasterlike woorde.

Hoop jy geniet elke kuiertjie saam met my!

Groete A