Brits En Sy Mense Praat Saam

REELS:
As jy op hierdie groep kom, kom jy op die groep se voorwa...ardes en reels wat deur die admin daar gestel is. Hier gesels ons oor alles en wat, wat in en rondom Brits gebeur en gaan gebeur en ook orals in ons land. Enige een in die land is welkom om aan te sluit. Advertensies (een keer per week, M.A.W. een keer elke 7de dag), versoeke, raad, hulp (NIE BEDEL NIE) en sommer net lekker gesels. NB. Geen kru-taal, politiek,agresie, skole en geloof sake word hier bespreek nie. Geen bespotting van politieke figure sowel as regeringsamptenare nie, dit is teen FB se beleid dit stel die groep in gevaar om gesluit te word as mense dit sou doen. Geen foto's van enige ongelukke mag geplaas word alvorens die naasbestaandes inkennis gestel is nie en/of 'n dag of twee na die ongeluk. Indien advertensies geplaas word, mag 'n besigheid se advertensie een keer per week geplaas word. ONS IS NIE 'N BEDELBLAD VIR ELKE JAN-RAP-EN-SY-MAAT OM HOM HIER TE KOM VERRYK NIE, ook word daar onder geen omstandighede gevra vir GELD of SKENKINGS van ENIGE AARD wat betref KONTANT op hierdie groep nie. Op die groep mag jy nie vir klere vra of klere aanbied om weg te gee nie. Ons het 'n klerekas waaruit ons aan mense wat 'n behoefte het skenk, indien huller per "inbox" vra, dit is nie vir aasvoels om op te raap en vir hulle eie gewin te onderskep en te verkoop nie. Ons het twee aflewerings punte SB INK en HYUNDAI GARAGE. Geen bottelstore of drank en dobbelhuise se advertensies mag op die groep geplaas en geadverteer word nie. Neem deel en plaas artikels, foto's en interesanthede waarin ons almal kan deel. En asb. op jou profiel sit 'n foto van jouself of gesin, ons wil graag sien hoe lyk die persoon waarmee ons praat. Indien jy ons admin of groep op enige ander groep bespreek of beledig, sal jy onmiddellik verwyder word. Hierdie is ook nie 'n "date" blad nie. Ons is 'n lekker groep wat net lekker gesels en inligting deel. Indien enige probleme, inbox die admin. Enige persoon wat iets op hierdie blad plaas, dra verandwoordelikheid vir sy plasing, geen admin van die groep sal verantwoordelikheid aanvaar vir wat 'n lid op hierdie blad plaas nie. Ook sal die admin van hierdie groep hul onomwonde distansieer van enige vorm van haatspraak, teistering en aanhitsing van geweld. Daar word glad nie meer toegelaat dat lede van die groep mekaar aanval en snedige opmerkings teenoor mekaar maak nie. Dit bly die admins se reg om persone sonder enige verduideliking te verwyder en nie rekenskap te gee hoekom nie. Dit bly my keuse wie ek op die groep wil he al dan nie. Indien daar enige kos, goedere of klere aangebied word, word dit deur die admin van die groep geadministreer, dit is hulle besluit waarheen dit gaan, nie ander lede nie. Dit was ons as admins se inisiatief wat nou oorgeneem word deur individue.. Dit gaan uitsluitlik na die groep se spens vanwaar dit versprei sal word. VERDER GELD DIE ALGEMENE GLOBALE FB REELS VIR ALMAL OP ONS GROEP. (google)