Pierre@Dieregesondheid/Animal Health

http://www.dieregesondheid.co.za/

Pierre @ Dieregesondheid/Animal Health word 'n gedeelte van die gesig van die program "Dieremaniere" wat op ASTV uitgesaai word. Hierin gaan gepoog word om baie spesifieke uitdagings van troeteldiere aan te spreek, wat elke dag se probleme is.

Vlooie, bosluise, entings en hoekom, hondsdolheid, algemene versorging, noodhulp, vergiftiging, maagaandoenings, bloeding, als wat die gewone diereliefhebber mee uitgedaag word. Sterilisasie en die uitreiking na en van gemeenskappe is belangrik. Dieremaniere oorweeg dit om "road shows" te doen, van die programme moontlik op DVD te sit en ook moontlik in boekvorm vir die wat nie toegang tot TV het en ASTV nie.

Dit gaan nooit poog om die rol van 'n veearts te vervang nie. Nooit gaan dit staatmaak op "boererate" wat gevaarlik is vir 'n dier nie. Dit gaan geen professionele persoon se saak in geselskapsdiere se rol verwater nie. Inteendeel. Dit gaan dit versterk en wil dit gewoon uitbou.

[email protected] Dieregesondheid / Animal Health wil 'n veearts en apteker aan boord kry, asook ander spesialisdienste wat die saak van geselskapsdiere diere wil dien. Net die beste is goed genoeg.

Vrae wat op die programme onstaan gaan hier beantwoord word, want dit is die blad wat op TV na verwys gaan word.

'n Dinamiese gesprek sal toegelaat word, mits dit respekvol is en gaan oor die saak nie nie die persoon nie, want diereliefhebbers kan hoogs emosioneel raak en kop verloor in hul liefde en agting vir diere.

Dit is en word n Dieregesondheidsblad, waaraan hard gewerk gaan word om by die fokus te bly. Die saak en liefde vir diere gaan gedien word, net dit.

Vrywaring
Hiermee vrywaar ek my as HOOF ADMIN/S van enige verlies, skade, naamskending waarby enige transaksie tussen die lede gedoen word. Hierdie is 'n groep vir algemene kennisname oor dieregesondheid en eie handeldryf met [email protected]/Animal Health en ander handelaars.

Ek is nie verantwoordelik vir enige verlies van enige aard en ook nie verantwoordelik om rekord te hou van enige transaksies en of die toetsing, toepassing en gee van produkte op diere nie, ook nie die skade en of moonylike verlies van lewens van die diere nie.

[email protected] is ook nie verantwoordelik vir enige persoon se skrywes en moontlike gevolge daarvan nie.


OP LAS: Pierre van Niekerk, Admin.